Is dit bekwame onbekwaamheid?

Die Minister van Gesondheid is aangesê om ten minste tydelik uit sy amp pad te gee, maar kenners reken sy politieke loopbaan het tot ʼn einde gekom.

Die ontleders reken daar is te veel soortgelyke gevalle in die ANC politiek wat uiteindelik uitgeboul is uit die politieke arena.

Dit is verstaanbaar. Wat egter vreemd is, is die feit dat die adjunk Minister van Gesondheid nie aangewys is as die tydelike voorvatter nie, en dat ʼn minister uit ʼn ander portefeulje toe aangewys word.

Spottenderwys is die voorval geëtiketteer as ʼn bekwame onbekwaamheid wat betref die adjunk minister wat klaarblyklik net nog ʼn stoel vol sit sonder enige bevoegdheid.

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, se verpligte langverlof het gekom nadat baie druk uit talle oorde die president genoop het om sy vriend uit die pos te verwyder.