Indië: Regering neem inenting oor

Met toenemende kritiek oor Indië se inenting veldtog teen koronavirus, het die Eerste Minister gesê alle volwassenes sal vrye inenting ontvang.

Die aankondiging kom terwyl die regering die streng maatreëls begin verlig.

  Premier Modi is ook gekritiseer oor die regering se betrokkenheid in die inenting veldtog, en hy het in n TV program die bevolking toegespreek en verklaar dat die federale regering sal weer beheer oorneem van die inenting veldtog.

Hy het weer bevestig dat almal bokant die ouderdom van 18 jaar, gratis inenting sal ontvang.

Die reuse veldtog word beplan om op 21 Junie af te skop, en of dit nou ryk of arm mense is, die inenting sal gratis wees. Het hy gesê.

Van al die entstof wat in Indië gemaak word, koop die staat 75% en privaat hospitale kry die ander 25%. Nagenoeg 1 miljard mense moet in Indië ingeënt word, en kan etlike maande of langer neem om af te handel.