Hong Kong polisie is gewetenloos

Vir pro-demokrate in die stad Hong Kong is die optrede van die kommunisties gesinde polisie bestempel as gewetenloos nadat hulle ʼn 65-jarige ouma in hegtenis geneem het omdat sy aan ʼn optog deelgeneem het.

Die vrou wat ʼn pro-demokraat en ʼn ywerige aktivis is, het met haar plakkate op die Tiananmen Plein van Hong Kong gestap toe sy hardhandig in hegtenis geneem is.

Sy kon glo geen antwoord van die polisie kry oor waarom sy gearresteer is nie, en die vrou wat algemeen bekend is in die stad as “Ouma Wong” het oombliklik die simpatie van die meerderheid inwoners gehad.

Later het die polisie verklaar dat Ouma Wong gearresteer is omdat sy onwettig haar eie optog gehou het en ander mense aangemoedig het om saam te betoog.

Die beoogde optog wat vir 4 Junie beplan word deur pro-demokrate, is nie goedgekeur nie, en die owerheid het gewaarsku dat deelname aan die optog tot 5 jaar tronkstraf kan beteken.