Hieroor kan jy afgedank word

Daar bestaan redes waarom ʼn werkgewer van sy personeel kan afdank wat nie die regulasies nakom met betrekking tot beveiliging van ander tydens die grendel tydperk nie.

Personeel wat in “afsondering” in ʼn kantoor moet werk wat deur niemand anders binne gegaan mag word nie, het die reg om sonder masker te werk, maar wanneer die vertrek verlaat word, moet ʼn masker gedra word.

Personeel wat onverskillig is, kan in sekere omstandighede deur ʼn werkgewer afgedank word. Die dra van maskers, behoorlike sosiale afstand te handhaaf, en ander maatreëls wat geld, moet nagekom word, anders kan daar teen oortreders opgetree word wat selfs afdanking kan beteken.

Enkele gevalle is reeds bekend van personeel wat oortree het, en na herhaalde waarskuwings uiteindelik afgedank is sonder enige nagevolge vir die werkgewer.

Dit is belangrik om daarop te let dat afdanking waarskynlik meer geregverdig is terwyl die regering die Ramp Bestuur Wet se bepalings van krag hou.