Herstel die ekonomie werklik

Terwyl groot bankinstellings beweer dat die land se ekonomie besig is om vinniger te herstel as wat verwag is, is daar ook die anderkant van die munt.

Die middel inkomste groep van die deursnit werkersklas vind dit nie maklik om die finansies se punte bymekaar te hou nie.

Stygende voedsel pryse, verpligte vermindering in die vergoeding pakket, is van die belangrikste redes waarom daar in menige huishoudings ʼn laer lewens standaard ingestel moes word.

Benewens die stygings, is daar ook Eskom tariewe wat ʼn reuse gat in die salaris veroorsaak, en word kragonderbrekings ʼn groot frustrasie vir diegene wat deesdae van die huis hulle brood verdien.

Diegene wat nog na die werkplek moet gaan, sit met hoë brandstof en voertuig onderhou koste.

Finansiële ontleders reken die herstel van die Suid-Afrikaanse ekonomie mag wel vir sekere sektore van die bevolking geld, maar die groter deel sukkel om die punte bymekaar te hou.