Goudstad wil weg van Eskom

Suid-Afrika se grootste stad, Johannesburg, beplan om ontslae te raak van beurtkrag, en dit gaan die stad ongeveer R4 miljard kos.

Die stad mik daarna om eerder gas en sonkrag gesamentlik in te span om die beurtkrag finaal vaarwel toe te roep.

Die sonkrag sal ook voorsiening maak vir stoor ruimte in batterye, om te verseker dat bewolkte dae nie die voorsiening kelder nie.

Die stad wil navrae rig en inligting versamel oor die oprigting van ʼn 150 megawatt sonkrag stelsel en 50 megawatt dak gemonteerde sonpanele tesame met ʼn bykomende gas aanleg wat 20 megawatt sal lewer in September.

Saam met die stelsel word ook gekyk na die installeer van ʼn 100 megawatt battery stelsel wat stoor ruimte sal wees vir sonenergie.

Kenners reken as drie stede in Suid-Afrika dieselfde onderneming oprig as wat Johannesburg beoog, is die land vir ʼn paar jaar sonder enige energie probleme, en is die drie stede die plek waar nywerhede hulle sal vestig.