Goeie vooruitsigte vir landbou

Alhoewel daar nog gebiede is wat smag na reen, is die grotste deel van die land in ʼn uitstekende posisie om vanjaar die beste landbou jaar van alle tye te maak.

Die goeie uitvoere van meer as R40 miljard het gewys dat die Suid-Afrikaanse voedsel produsente nie op hulle laat wag het toe die welkome reën die bedryf na nuwe hoogtes gebring het nie.

Die uitvoere toon ʼn stewige verbetering op enige ander jaar, ingeslote verlede jaar se rekord uitvoere.

Landbou het in die eerste kwartaal van 2021 ʼn enorme handelsoorskot van R20 miljard gehad, en kenners meen dit kan nog verder uitgebou word wat dit die grootste uitvoer rekord maak wat nog behaal is.

Die voorspelling is dat landbou vanjaar tot ʼn 5% groei kan toon, en dit kan boere wat in 2018 en 2019 swaar getrek het weens die droogtes, weer stewig in die saal laat sit.