Geldsake: Kan SA staande bly

In ʼn nuwe verslag wat deur ʼn groep onder leiding van Suid-Afrika se Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters, vrygestel is, dui daarop dat die land die afgelope jare sedert 2014, miljarde Rand aan korrupsie verloor het.

Volgens die verslag is verliese van R1,5 triljoen sedert 2014 tot 2019 veroorsaak weens die geweldige omvang van korrupsie in die land.

Die verslag wys ook daarop dat nog groter bedrae bygebring kan word met die korrupsie wat sedert 2019 tot 2021 ondervind is, en dit is veral die sogenaamde “koronavirus beskerming toerusting” wat op tenders uitgesit is, wat ook bereken kan word en wat miljoene Rand beloop.

In die verslag word gemeld dat alhoewel daar voldoende bewyse is teen diegene wat korrup opgetree het, daar nog geen sprake is van enige arrestasies of vervolging nie.

Die feit dat niemand gearresteer word nie, is ʼn duidelike bewys dat die korrupsie nie gestop gaan word nie, en dat Suid-Afrika net verder die finansiële afgrond ingetuimel het.