Frankryk beboet Google met miljoene

Frankryk se waghond organisasie vir mededinging het die inrnet reus Google met $267 miljoen beboet, en die reguleerder sê Google het sy eie advertensie produkte voorkeur behandeling gegee.

Google het nie die boete probeer teenstaan of betwis nie, en gesê hy sal sy verstellings aanbring in die verband.

Drie media maatskappye, News Corp, Franse Le Figaro , en België se Group Rossel, het Google daarvan beskuldig dat hy ʼn monopolie het met plasing van advertensies wat hom bevoordeel.

Later het Le Figaro sy klag teruggetrek, maar uiteindelik moes Google die boete betaal as gevolg van die ander twee se klagtes.

Isabelle de Silva, president van die Franse medinging raad sê dit is die eerste oortreding van die aard en is ʼn ingewikkelde aangeleentheid wat met goeie oordeel benader moes word.