FirstRand gee positiewe prent

Een van Suid-Afrika se groot banke, FirstRand, sê die land se ekonomie het omgeswaai teen ʼn veel vinniger tempo as wat verwag is.

Die Bank beweer dat die verbruikers se spandering terug is na die vlak waar dit was voor die koronavirus vlakke die land getref het.

Die finansiële diens  groep sê in ʼn handelsoorsig dat die jaar einde van 2021 op einde Junie veel meer belowend is as wat verwag is.

Die Bank reken dat die syfers wat die verdienstes vir die maande tot Desember 2020 heelwaarskynlik nie in 2021 gaan herhaal nie.

Die ekonomiese herstel wat veel vinniger is as wat verwag is, en gekombineer met die sterk invorderings het die gevolg van ʼn dramatiese verandering.

Die Bank reken ook dat die lae koste van uitleen rentekoerse ,dit vir ondernemings moontlik maak om gouer te herstel.

Ekonomiese deskundiges wys daarop dat die herstel koers waarskynlik vinniger is as wat verwag kon word, maar die rooi lig bly steeds brand van werkloosheid wat misdaad laat toeneem.