EU: Oorweeg Hongarye ook uittrede?

Die konserwatiewe Eerste Minister Viktor Orban van Hongarye, het besoek gebring by die Britse Eerste Minister, Boris Johnson om die belangrikste punt op die sakelys te bespreek: EU Lidmaatskap.

Die opposisieparty in Hongarye het hulle kommer uitgespreek oor die besoek van Orban en gesê dit is nie goed dat Johnson hulle premier onthaal nie, want hulle reken hy is nie ʼn demokraat nie.

Premier Orban, wat steeds hoë aansien onder die meerderheid in Hongarye geniet, het die uitnodiging van Johnson aanvaar en die besoek gebring wat beskou word as die voorloper tot moontlike uittrede van Hongarye uit die Europese Unie weens die oorkoepelende liggaam se eensydige aanvalle op die beleid van die Orban-administrasie.

Premier Johnson het egter na afloop van die besoek gesê die twee leiers het ʼn wye reeks onderwerpe bespreek, waaronder klimaatsverandering en veiligheid. Hy het ook die aangeleentheid van menseregte met Orban bespreek sowel as die ongewensdheid van immigrasie en Hongarye se beheer oor universiteite.

Eerste Minister Orban het gesê hulle het ook die konserwatiewe regering van Brittanje gemis in die EU vergaderings, en