EU keur herstel-plan goed

Die lidlande van die Europese Unie het die afgelope week goedgekeur dat die koronavirus herstel program begin word gedurende die maand nadat al 27 lande daartoe ingestem het.

Oostenryk en Hongarye was die laaste lande wat ingestem het tot die herstel program waarby miljarde euro betrokke is.

Met die goedkeuring is die Europese Unie nou in staat om die nodige fondse vir Europeërs se sosiale en ekonomiese herstel vry te stel aan die lande.

Die Kommissie sal nou na die belangrikste kapitaal markte beweeg om lenings aan te gaan wat vir die lande beskikbaar gestel sal word.

Die EU het sy visier op 750 miljard euro gestel soos wat die besluit 12 maande gelede geneem is, maar daar bestaan kommer oor die wenslikheid of lidlande van die herstel plan moet gebruikmaak al dan nie. Vrese bestaan dat die EU groter seggenskap oor lande se interne sake gaan bekom wanneer gebruik gemaak word van die herstel fonds se lenings, terwyl ander lande glo hulle sal die mas opkom deur lenings aan te gaan by die Internasionale Moniteer Fonds.