Eskom skip ooreenkoms word ondersoek

Gedurende Maart vanjaar het die ANC regering sy geld op die Turkse skip, die Karpowership, gesit om die 1,220 Megawatt elektrisiteit te lewer wat Eskom nie kan opwek nie.

Die Turkse skip sal die krag lewer volgens kontrak, met ʼn beraamde koste van R218 miljard oor ʼn tydperk van twee dekades.

Die skip gaan iewers langs die kus van Suid-Afrika wees, en daar moet fasiliteite wees wat die skip sal voorsien van sy eie brandstof en ander behoeftes, en kan glo by Richardsbaai of Saldanhabaai se hawens staan. Die kraglyn moet dan beskikbaar wees om op te koppel met die opwekkers van die skip, en pyplyne moet aangelê wees om die brandstof wat die skip nodig het, te vervoer.

Die operasie het die regsfirma Bowman, wat gekontrakteer was deur “Business Leadership South Africa” om ʼn evaluasie te doen of goedkeuring van Transnet Nasionale Hawens sal voldoen aan die wetlike vereistes wat van toepassing mag wees.

Daar moet ook bepaal word of die ooreenkoms billik en koste effektief is as in aanmerking geneem word dat die verskillende hawens daarby betrokke is.

Verskeie groot probleme is voorsien wat gaan opduik, en die skip se eienaars sal waarskynlik ook waarborge moet verskaf aangesien die moontlikheid bestaan dat breek skade ook die skip kan tref.

Daar bestaan ook wetgewing ten opsigte van die hawens van Suid-Afrika wat meebring dat sekere wysigings aan die wet nodig sal wees voor die skip in ʼn hawe kan staan vir 20 jaar.