Eskom ruk SA aan skerwe

 Eskom se aankondiging dat hy Fase 4 ingestel het, het ʼn skokgolf deur die nywerheid en sake sektore gestuur, terwyl landbouers hulle kommer getoon het vir wat volgende verwag kan word.

Sedert Woensdag het Eskom drastiese Fase 2 maatreëls ingestel, net om enkele ure later kennis te gee dat hy na Fase 4 oorslaan.

 Die skokkende is dat nyweraars, sakemanne en landbouers alles moontlik doen om die swak ekonomiese toestande te verbeter na aanvaarbare vlakke, maar met Eskom se twyfelagtige herstel en onderhoudswerk, word die ekonomie geruïneer.

Eskom beweer dat dit nodig was om na Fase 4 oor te skakel weens verdere breek skade wat ondervind is, en Donderdag is Fase 3 ingestel.

Medupi en Duvha kragstasies het glo ook gebreek en ure later is aangekondig dat nog drie ander kragstasies ook herstelwerk vereis waaraan aandag gegee moet word.

Eskom waarsku dat die Fase 3 of 4  toestand vir die afsienbare toekoms van krag sal bly, en dit beteken dat die land vir baie ure letterlik tot stilstand gedwing word.