Eskom ontwrig die ekonomie

Die ontwrigting wat sakelui en nyweraars ondervind met die nuwe neiging om “op kort kennisgewing” beurtkrag fase 2 in te stel, het menige sakeman ontstel.

Die beurtkrag wat Maandag weer onverwags ingestel is, kos Suid-Afrika miljoene Rand aan verlore inkomste en produksie.

Die kort kennisgewing gaan ook nie meer gepaard met ʼn verduideliking nie, en deskundiges sê dit is as gevolg van die planlose instandhouding wat hiervoor verantwoordelik is.

Die kragvoorsiener het intussen bekend gemaak dat die Turkse skip teen astronomiese bedrae gehuur gaan word om die netwerk te versterk wat nie deur Eskom gedoen kan word nie.

Groot dele van Pretoria het kragonderbreking gehad van meer as 5 uur wat die gebiede tot stilstand gedwing het en wat groot verkeer ontwrigting veroorsaak het op ʼn tyd waar duisende mense terugkeer huis toe van die werkplek af.