Eskom onderhoud ʼn gesukkel

Die Nasionale kragvoorsiener se gesukkel om die onderhou op sy verskillende kragsentrales afgehandel te kry, wek ernstige kommer en kan lei tot ʼn fase 4 beurtkrag.

Met die erge koue weer wat ondervind word, en die vooruitsig dat Julie nog kouer kan wees, laat die moontlikheid al sterker word dat fase 4 beurtkrag ingestel gaan word.

Die moontlikheid is deur ʼn kenner, Chris Yellend geopper dat Eskom ook beplan om ses eenhede by kool-kragstasies te ontmantel. Dit kan baie ernstige tekorte laat ontstaan in kragvoorsiening, en sal Eskom waarskynlik geen keuse kry nie as om fase 4 beurtkrag toe te pas.

Met die groot aantal onbeplande instandhouding wat gedoen moes word, en die gesukkel om die kragstasies op vol sterkte te laat funksioneer, word dit problematies.

Eskom se belangrikste swakplek is sy onvermoë om instandhouding so te doen dat onvoorsiene herstelwerk ook gedoen kan word sonder onderbrekings.

Die afgelope week se beurtkrag het die land miljarde Rand gekos wat die kreupel ekonomie net verder verswak.