Eskom loon onderhandelings struikel

Die drie vakbonde wat een na die ander hulle eise voor Eskom gelê het, kon nie tot enige vergelyk kom nie, en Eskom staan daarby dat hy slegs 1,5% verhoging kan bekostig.

Selfs die multikulturele vakbond Solidariteit met sy onredelike hoë verwagtinge van sowat 9%, het nie gevorder met die onderhandelings nie.

Numsa het later gesê hy bly positief dat die huidige situasie sal verander en dat ʼn aanvaarbare ooreenkoms bereik sal word.

Die vakbonde wat gedurig beding vir meer geld, en onrealistiese eise stel, kon niks vorder nie, en alhoewel daar nog tyd is vir verdere onderhandelings, wil dit lyk of die vakbonde geen rede insien dat die ekonomie niks sal baat by sulke verhogings nie.

Die onderhandelings is tydelik gestaak, en Eskom verkeer onder geweldige druk met sy ooreenkoms om gebruik te maak van die kragvoorsiener vanaf ʼn Turkse skip.

Intussen het die Hoof Uitvoerende beampte van Eskom, bevestig dat die ondersoek teen hom niks opgelewer het nie en dat hy onskuldig is aan die bewerings dat hy rassistiese opgetree het.