Entstof: VSA skenk miljoene dosisse

Die Amerikaanse regering het bekend gemaak dat hy van voorneme is om sy ongebruikte voorraad koronavirus entstof aan arm lande beskikbaar te stel.

Die president, Joe Biden, het gesê 75% van die ongebruikte voorraad entstof word eersdaags beskikbaar gestel aan armer lande.

Na verwagting sal die VSA se ongebruikte entstof wat aan Covax oorgedra word, sowat 80 miljoen dosisse wees, wat ʼn reuse bydrae sal lewer om arm lande te help.

Die regering het reeds bepaal dat  19 miljoen dosisse na die verspreider Covax sal gaan, en 6 miljoen na Latyns Amerika.

Asië kry 6 miljoen en Afrika 5 miljoen dosisse en die balans sal na Oekraine, Suid Korea, Haiti, Egipte, Irak, Jemen, Gaza en Kosovo.

Meksiko was die eerste land wie se president die VSA bedank het vir die 1 miljoen dosisse wat hulle sal ontvang.

Die moontlikheid bestaan dat verskeie ander ryk lande ook skenkings sal maak aangesien dit nodig is om nie net mense se lewens te red nie, maar om daarmee die virus se bestaan te probeer vernietig.