Entstof: Frankryk wil SA help

Macron en Ramaphosa

President Emmanuel Macron van Frankryk is bereid om te belê in ʼn projek wat Afrika in staat stel om sy eie koronavirus entstof te vervaardig.

Die Franse president sê dit sal gedoen word om die groot gaping van entstof verspreiding tussen ryk en arm lande kleiner te maak.

Macron het dit beklemtoon dat ʼn gaping bestaan tussen Westerse lande en Afrika lande wat betref nie beskikbaarheid van Covid-19 entstof en wil help om die gaping nouer te maak.

Tydens ʼn gesamentlike nuus konferensie het Macron en Ramaphosa in Pretoria oor die moontlikheid van Suid-Afrika se eie aanleg, positiewe klanke gemaak.

Dit is president Emanuel Macron se eerste besoek aan Suid-Afrika sedert hy president van Frankryk geword het.

Macron het gesê die projek sal met deeglike beplanning, baie gou begin word en in samewerking met die farmaseutiese maatskappy Aspen deurgevoer word.

8