Eerste vrou in bevel van ruimtereis

Die eerste Europese dame wat as bevelvoerder ʼn ruimtevaart onderneem na die Internasionale Ruimte Stasie is ʼn Italiaanse vrou.

Samantha Christoforetti was voorheen al gelys as moontlike kandidaat, maar hierdie keer aangewys om as die eerste Europese vrou te wees wat beheer sal neem van die Internasionale Ruimte Stasie.

Christoforetti sal die beheer oorneem wanneer die lansering na die ruimte stasie in 2022 gedoen word met SpaceX se ruimtereis.

Sy is ook die eerste Italiaanse vrou wat die buitenste ruimte besoek het en die derde vrou wat tyd spandeer het by die Internasionale Ruimte Stasie.

Sy het nou reeds 199 dae in die ruimte deurgebring wat ʼn rekord is vir ononderbroke ruimte ervarings wat ʼn Europese ruimtevaarder nog onderneem het.