Dwalende volk

Dit is onbegryplik dat daar tans (2021) nog “volksgenote” is wat hul heil soek in die politiek.  Skielik spring daar nou weer ‘n klomp mense op die Vryheidsfront++ wa.  Corne Mulder soek nou orals steun en die nuutste is klaarblyklik by die dorpe waar die munisipaliteite bankrot gesteel is deur ANC en DA beheerde rade. So word daar nou in Namakwaland loods vergaderings gehou om die stadsrade oor neem met die komende plaaslike verkiesing.  Diegene ly blykbaar aan dieselfde probleem as Jacob Zuma wat nie kan tel nie. In enige dorp in die land is die kiesers getalle van so ‘n aard dat GEEN party die ANC/DA/EFF uit die kussings gaan of kan lig nie. ‘n Goeie voorbeeld is die  Matsikama munisipaliteit waar die bevolking getal op net meer as 50 000 staan . Blankes se getalle is 9 000. Hoe gaan diegene ooit ‘n raad oorneem? Wat wel gaan gebeur is dat daar weer koalisies aangegaan sal word s met die DA/EFF  en daardeur hul sg. “strewe” na Blanke selfbeskikking kelder.

Hierdie is maar weereens ‘n poging van ‘n klomp verloopte afrikaners wat hier en daar in die kussings van stadsrade wil gaan sit met ‘n vet salaris maar wat geen verandering aan besluite van die raad kan meebring nie.  Sal ons mense nooit leer dat ons heil nie by politiek en politici lê nie .

Jan de Beer