Duitsland vat sy bier terug

Die Duitse Weermag beplan om ook die bier wat hulle in Afghanistan gehou het, terug te neem na Duitsland.

Soldate word onttrek uit die oorlog geteisterde Afghanistan, en duisende houers bier is nog ongebruik in Afghanistan, maar sal glo saam met die soldate teruggeneem word na hulle vaderland.

ʼn Woordvoerder van die Duitse soldate sê daar is geen plan om die groot klomp bier agter te laat nie, en gaan dus die sowat 65,000 blikkies Duitse bier terugneem.

Volgens ʼn Duitse koerant sal sowat 20,000 liter bier, 340 bottels wyn, en ander drank terug geneem word.

Die Duitse bevelvoerder, Ansgar Meyer, het ʼn verbod geplaas op die gebruik van alkoholiese drank gedurende die laaste weke van onttrekking uit Afghanistan. Dit geld egter net vir wanneer hulle aan diens is, en die soldate kon ook nie alkoholiese drank gebruik in die tyd wat hulle in Afghanistan moes bystand bied aan die land se militêre mag nie.

Die Duitsers, sowel as die ander lande se soldate, sal Afghanistan verlaat teen die einde van September vanjaar.