Dokter wil integriteit komitee ontmoet

Die omstrede Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het ʼn skrywe gerig tot die African National Congress (ANC) se integriteit komitee met die versoek dat hy die komitee kan ontmoet rakende sy saak wat nou soveel opspraak verwek.

Die groeiende getal oproepe dat die minister sy bedanking moet inhandig het klaarblyklik veroorsaak dat hy hom wend tot di integriteit komitee van sy party.

Die minister is goed bevriend met president Ramaphosa, en dit verklaar waarom hy nie deur Ramaphosa aangesê is om eenkant te staan nie.

Die groeiende aantal mense wat die minister se kop eis, word glo uit die kant van opposisie partye gehoor, alhoewel daar ook die Zuma faksie in die ANC is wat ook nie huiwer om saam te praat nie.