Dit swyg oor SAL

Die vreemde swye wat Suid-Afrika beleef rondom die nuwe demensie van SAL wat sy beherende aandeel verloor het, laat vele vrae wat onbeantwoord gelaat word.

Die privaat entiteit wat 51% van SAL se aandele bekom het, en wat na bewering sterk bande met die ANC het, wek die indruk dat hier ʼn oorname gemaak is wat die regerende partye uitstekend pas.

Takatso Consortium het die aandele bekom wat finansiële kenners laat vra hoe deursigtig was die oorname, en wat Minister Gordhan gesê het, laat die gevoel dat hulle die redery in ANC hande het vir die toekoms.

Minister Pravin Gordhan sê die nuwe oorname beteken dat die SAL nie verder hulp sal bekom uit die staatskas nie, en wek die gevoel dat dit die trooswoord aan Jan-Publiek is wat nie mooi weet dat die regering die SAL ingepalm het nie.

SAL en die nuwe entiteit wat as privaat instansies betrokke is, sal glo in die komende weke die redery weer in die lug kry, maar hoe doeltreffend dit omstrede maatskappy gaan wees, sal die tyd leer.