Digitale bedrog neem skerp toe

Die groep TransUnion het bevind dat ʼn massiewe ondersoek na bedrog en kriminele aktiwiteite wat verband hou met die finansiële dienste sektor, in Suid-Afrika met 187% toegeneem het in 2020.

Soos wat al meer verbruikers aanlyn hulle banksake doen, sowel as ander transaksies, het TransUnion gevind dat bedrog dramaties toeneem en dat pogings in die industrie van finansiële dienste vinnig toegeneem het, met die gevolg dat digitale bedrog al meer plaasvind.

Die groep wys daarop dat die tempo van pogings tot finansiële dienste bedrog in Suid-Afrika met 149% toegeneem het.

Die vergelyking met die eerste vier maande vanjaar met die ooreenstemmende tyd verlede jaar, het die pogings tot digitale bedrog met 24% toegeneem in die land.

TransUnion moniteer digitale bedrog wat gerapporteer word deur sake ondernemings, verskeie industrieë soos finansiële dienste, gesondheidsdienste, versekering en ook kleinhandel bedrog, maar doen ook monitering van dobbelhuise en telekommunikasie instellings.