Die voorspoed is verby….

Die tydperk van baie geld en baie personeel in diens van die ANC het nou tot ʼn einde gekom, en dit kan die party se aansien en geloofwaardigheid ernstige knou.

Gerugte doen die rondte dat die ANC se finansiële krisis so erg is dat hy baie van sy personeel nog nie April en Mei se salarisse kon betaal nie.

Onbevestigde berigte lui dat die party gedwing sal word om personeel afleggings te doen omdat hy nie die middele het om hulle te betaal nie.

In die afgelope 25 jaar het die ANC baie aanstellings op sy personeel gemaak, en daarmee die septer geswaai, maar toe word die geld-fontein ʼn bietjie droog, en nou sit hy met talle personeel wat wag om betaal te word.

Daar bestaan nie duidelike antwoorde waarom die ANC skielik finansiële probleme het nie, maar die vermoede bestaan dat die skenkers en donateurs besig is om al minder te word.

ʼn Politieke ontleder sê die ANC het nou ook ʼn simbool van swak bestuur geword soos wat die Staats entiteite ook nie die mas kon opkom nie. Hy sê dit wat met die ANC gebeur, word geruime tyd verwag, en die “oorbevolkte” personeel aanstellings is ʼn voorbeeld van grootdoenerigheid.