Die virus nou gevaarliker

Suid-Afrika ondervind ʼn stygende tendens is die verspreiding van koronavirus infeksies, en dit is duidelik dat die wintermaande die verspreiding aanhelp terwyl mense se weerstand ook verswak in die tyd.

Die afgelope week het Suid-Afrika gesien hoe die infeksie gevalle tot meer as 5,400 per 24 uur toeneem, en hospitale is reeds oorvol, en die ergste koue is nog nie hier nie.

Te veel mense sterf weens infeksie, en dit is veral mense ouer as 60 jaar wat die swaarste getref word, maar gevalle van jonger mense, en kinders, word ook aangemeld.

Dat hierdie pandemie erger is as die vorige twee, is nie te betwyfel nie, maar daar is ook ander redes waarom sake nie goed lyk nie.

Te veel mense het gerus geraak en het twee maande gelede gedink die krisis is verby, terwyl herhaalde waarskuwings uitgereik is dat mense versigtig moet wees.

Dan is daar die heel belangrikste rede waarom die pandemie hierdie winter gevaarlik is: Dit is kouer as die 2020 winter, en die versigtige benadering van owerheid sowel as die burgery het verdwyn.

Saam hiermee moet gelees word dat dit alles dramaties kon verander word as die owerheid betyds en met doelgerigte spoed, die inenting veldtog gevoer het.

Duisende mense wat infeksie opgedoen het, kon die ellende daarvan gespaar gewees het, maar daar is ʼn voete-sleep benadering wat werklik kommerwekkend is.

Die Vryburger doen ʼn ernstige beroep op sy lesers om die maatreëls streng na te volg en seker te maak dat geliefdes en vriende alles moontlik doen om infeksie te voorkom.