Die Pandemie en sosiale media

Sedert die pandemie, of  te wel Sjinese pes , die land getref het, het mense skielik “bewus” geraak van die dood.   Ten spyte van ‘n herstel syfer van 95% plus het mense kluisenaars geraak en hul gewend tot die sosiale media soos, Twitter en selfs die WhatsApp.

Daar word nou daagliks letterlik duisende beriggies, versies en boodskappe oor en weer gestuur.  Selfs boodskappe wat hul oorsprong oorsee gehad het word nou gedeel deur vriende, kennisse en familie lede, iets wat twee jaar gelede beperk was tot verjaarsdag wense en ander nuuswaardighede.

Die verskaffers van data en lugtyd glimlag agter hul maskers want die gebruik van data het sekerlik verdriedubbel en hul inkomste  het dienooreenkomstig verhoog.   Wat kommerwekkend is, is dat ons mense  se kerk bywoning in dieselfde tyd drasties afgeneem het.

Terwyl mense winkel sentrums en eetplekke deel met vreemdes, selfs bedien word deur volksvreemdes, is hul te bang om in ‘n kerk te kom aangesien hul “aangesteek” kan word.  Gemeentes wat die protokolle nakom rondom getalle, monitering van lidmate wat die dienste bywoon en sitplekke so inrig dat mense steeds hul 1,5 m afstand handhaaf , ervaar steeds dalende getal bywoning van eredienste.

Vele mense verlaat hul nou tot “eredienste” op die betaal kanaal. Meeste van die predikers verkondig nie meer die evangelie nie maar beklemtoon sosiale geregtigheid, naaste liefde en verkondig selfs welvaart teologie.

Het ons geloof so vervlak dat ons die gemeenskap van gelowiges nalaat?  Het ons ‘n “internet” geloof begin aanhang wat nie die God van die Bybel verkondig nie?  Daar moet gewaak word dat ons volk nie ons rug keer op  God-Drie-Enig wat ons nog altyd as volk gedra het.