Die kinders van ons volk

16 Junie 1900 – die dag waarop die Britse mags-masjien se onvermoë op die slagveld aanleiding gegee het tot volksmoord – alles ter wille van die minerale rykdom van die Witwatersrand en die ego van ʼn gierige, hoogmoedige nasie..

Die oorlog word uitgebrei na die vroue en kinders van ons volk.

Met ʼn doelgerigte wrok – omdat hy en sy imperiale meesters in hu leer gekrenk was – vaardig Roberts die haatbevel uit wat uiteindelik ons volk sou desimeer.

Ons ken die uitslag:

            Doelbewuste verwoesting van lewensmiddele …

            Internering van vroue en kinders in haglike omstandighede …

            Dood, lyding op ongekende skaal …

Vandag hou pro-Britse historici steeds vol dat dit nie doelbewus geskied het nie.

Dat die beskikbare geriewe en hulpbronne “bloot oorweldig” was.

MAAR die waarheid word ontbloot in die herhaalde onderskeid in rantsoene, geriewe en sorg toegepas tussen die families van joiners, en die families van bittereinders …

Nieteenstaande die naakte haat, die waansin wat sogenaamde “gentlemen” gedryf het tot hierdie barbaarse dieptes, haat wat voortgesit was na 1902, het ons volk vasgehou aan hulle geloof en kampskole het binne maande gegroei tot die CNO-skole bedeling in SA.

Gemeenskappe het laer getrek om mekaar én om ons kinders en het hernieude welvaart ontworstel aan ʼn verskroeide Suid-Afrika

Uiteindelik sou die Christelik-nasionale strewes seëvier: die kinders wat die doodskampe oorleef het, met die gemeenskaps-steun van ouers, het Suid-Afrika herbou en teen 1948-66 nuwe hoogtes bereik – juis toe die eens magtige Britse ryk finaal verbrokkel het!

En wéér sou die haat na vore tree – haat vir Christelik-nasionale sukses teenoor imperiale mislukking!

Soos inheemse moordbendes in 1900-02 baie van die Britte se vuil werk gedoen het, finansier London kommunistiese terreur teen Suid-Afrika. 

Vandag word volksmoord deur ʼn nuwe geslag voortgesit, word dit steeds deur London en ander gefinansier.

Maar daar is vandag ʼn veel groter vyand, ʼn trojaanse perd binne-in ons volkslaer.

Ons volk het haar geloofs-wortels in groot mate laat vaar in afgelope dekades.

Dit versnel namate meer en meer van ons kinders opgaan in die strukture van die liberale humanisme, waar (vals) waardes omhels word as “vooruitgang”.

Die bitter offers van gister word deur die jingo en joiner se kinds-kinders as hul eie toegeëien, vervals en dan vertrap.

Ons moet ons kinders – soos in 1903 – red van openbare onderwys; in 1903 was die vyand bloot kulturele assimilasie, vandag is die stryd om die ewige siel van ons volk.

En Christelik-volkseie onderwys is die énigste behoud vir ons kinders.

Die stryd van 1900-02 word vandag toenemend nie van buite nie, maar van binne volkgeledere gevoer.

Dit word gevoer deur vervalising van dioe geskiedenis, deur ons volksgeskiedenis te oordonder met ideologie en valse feesdae.

ʼn Kommunistiese “jeugdag” – wat herdenk hoe rewolusionêre “helde” geskuil het agter kinders – het geen gelyke gronde met herdenking van volksmoord op onskuldige kinders nie.

Die enigste gemene grond vind ons in die imperiale haat van gister, wat die rewolusionêre haat van vandag ondersteun …

TER WILLE VAN DIE KINDERS VAN ONS VOLK MOET ONS DIT MET ALLES IN ONS VERMOË TEENSTAAN.

Maar omdat ons eie vermoë tydelik, feilbaar is, moet ons ons stryd anker in suiwering van ons kerke, gesinne en in die geestelike weerbaarheid wat net terugkeer na die Skrif ons kan bied.

Dit rig ons energie positief, geloofs-gebonde.

Maar terwyl ons vorentoe kyk en vooruit werk, mag ons nóóit die onreg van gister vergeet, totdat daarvoor verskoning gevra en restitusie gegee word nie!