Die Afrika fiasko skaad SA

Daar is bevestiging dat die Afrika Unie Kommissie se voorsitter, Moussa Faki Mahamat, ʼn geskrewe waarskuwing uitgereik het dat die fiasko en chaos by die sitting van die Pan-Afrika Parlement (PAP) ʼn negatiewe uitwerking het op die hele Afrika Unie.

Maar kenners wys daarop dat dit selfs ʼn meer nadelige gevolg inhou vir Suid-Afrika wat tans die gasheer land is waar die sitting in Sentraal Transvaal aangebied word.

Die brief het glo die waarde dat dit die “klerk van die parlement” die mag gee om mense te skors of die chaotiese sitting te verdaag wat in Midrand gehou word.

Die parlement se klerk, ene Vipya Harawa, het op ʼn stadium aangekondig da thy die sitting opskort nadat drie dae van gevegte die byeenkoms van die parlement so ontwrig het dat enige poging om die verkiesing te hou vir nuwe beamptes, total onmoontlik was.

Die afgevaardigdes het in hewige woordestryd gewikkel geraak, en algehele wanorde het gelei tot een parlementslid ʼn vroulike een van Suid-Afrika geskop het.

Waarnemers sê dit is maar hoe Afrika hulle Derde Wêreld politiek bedryf, en die gevaar is nou dat die parlement sittings van die PAP nooit weer rustigheid gaan bereik nie.

Die magsug van PAP leierskap en die geskil oor die stem prosedure daarvoor het gelei tot die algehele wanorde en totale fiasko.

SA kry die blaam

Die Speaker van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika, Thandi Modise, sê dat wat ook al gebeur op die vloer van die Pan-Afrika Parlement se sitting in Midrand, reflekteer op Suid-Afrika.

Modise sê dat Suid-Afrika behoort groter aandag te gee aan PAP aangesien die land optree as gasheer vir die parlementsitting.

Intussen is berig ontvang dat die parlement verdaag het vir ʼn onbepaalde tyd, en dit word gesien as die ergste graad van chaos wat die Afrika politiek nog beleef het in die laaste twee dekades.