Derde Wêreld president?

Terwyl die land besig is om tot niet te gaan weens korrupsie en die onvermoe van die amptenary om die land te regeer gaan die geagte president van die land die week na die G 7 beraad.  Daar gaan hy volgens sy kantoor ‘n boodskap van hoop uitdra dat die land besig is om te  “herstel”.   Sy woorde dat die land ‘n “ontwikkellende” land is wys op die regering se klaaglike mislukking oor die afgelope 27 jaar.  Suid Afrika was voor 1994 beskou as ‘n ontwikkellende land met hoogs ontwikkelde ekonomie en gevorderde tegnologie. Die eertse hart oorplanting,  die splitsing van die atoom, die gevorderde wapentuig wat vervaardig was, ‘n landbou industrie wat goedere van uitvoer gehalte gelewer het, het getuig van ‘n “ontwikkelde” land.

In sy eie woorde se die president Suid Afrika is ‘n ontwikkelende land. In ou taal ‘n “derde wereld” land. Dus is die land afgebreek tot die punt waar skuld besig is om die bruto binnelandse inkomste  te oorskry. Een uit elke drie Suid Afrikaners is werkloos.  18 miljoen persone ontvang tans sosiale toelae.  Hy gaan verder ‘n beskryf die land as ‘n regverdige en vredevolle gebied ten spyte daarvan dat 51 mense daagliks vermoor word en 105 vroue daagliks verkrag word.  890 000 huishoudings het in 2020 deurgeloop onder huis inbrake.

Herstel? Nie onder ANC beheer in hierdie eeu nie.  Is daar ‘n oplossing? Ja. As die meerderheid Boere Afrikaners bereid is om op te staan, hul moue op te rol en ‘n gebied in “besit” te neem waar handewerk nie meer ‘n skande is nie.