Covid saai verwoesting

Die derde pandemie, wat meer vernietigend is as die vorige twee, is besig om verwoesting te saai in Suid-Afrika.

Terwyl die regering reeds etlike maande gelede gewaarsku het dat die derde pandemie verwag word in Junie, het hulle geen vinger verroer om die erns van die saak so te hanteer dat dit nie ʼn groot inpak sal uitoefen op die normale gang van die samelewing nie.

Die opvallende is dat die nuwe infeksies wat nou meer as 17,000 geword het in 24 uur tydperk, die regering se sogenaamde Bevelsraad eers volgende week sal vergader om te kyk of die pandemie nie noodsaak om in sekere gebiede na vlak 4 van die inperkings maatreëls moet skuif nie.

Mediese deskundiges sê dit is uiters onverantwoordelik en behoort daar met veel groter besorgdheid opgetree te word. Die Bevelsraad moes al die afgelope week vergader het, veral is die lig van die geweldige skerp toename in nuwe infeksies wat sedert Woensdag ondervind word.

Die inenting wat steeds teen ʼn slakkepas verloop, laat vrae ontstaan oor die regering se erns met die bevegting van die koronavirus.

Dit is duidelik dat die inenting veldtog net so pateties bestuur word as wat die erns van die pandemie bejeën word, is gesê.

Die meer as 10,000 nuwe infeksies wat in gauteng aangemeld is, behoort voldoende rede te wees om die ANC se Bevelsraad op ʼn dringende basis te laat vergader – maar dit moes al ʼn week gelede gebeur het, sê medici.