Covid-Histerie

Oproepe vir ʼn hernieude algemene, maar ondeurdagte sluiting, soos in Maart-Junie 2020, neem nou daagliks toe.

Emosionele pleidooie word nou ondersteun deur meer kundige menings, maar steeds menings wat nie die volle konteks van die pandemie erken of aanspreek nie.

Baie Belangrik:

Om die aanblaas van histerie en die grondoorsake van die omvang van SA se krisis te ondersoek en uit te lig, is noodsaaklik – ter wille van nugter denke en intelligente oplossings.

Ons mag nie die enorme inpak op die lewens van diegene wat siek word, met langtermyn simptome worstel, met beperkte toegang tot effektiewe sorg gekonfronteer word, of die emosionele trauma vir geliefdes gering skat nie.

En wanneer ons elkeen oproep om te berus en hul toevlug te neem tot die troos van geloof in God, is ook hierdie oproep met empatie.

Omdat ook gelowiges swaar kry, hartseer deurworstel, nood en dood ons nie gevrywaar word nie.

Nogtans moet ons die nood nugter konfronteer.

Emosionele reaksies het in 2020 tiene miljoene in armoede gedompel; werkverliese is só omvattend dat daardie miljoene nie meer gesondheidsorg of selfs basiese kos, klere of behuising kan bekostig nie – kunsmatige armoede!

(natuurlik terwyl politici en staatsamptenare 100% salaris ontvang het)

Daarom kan ons des te meer nie in 2021 dieselfde foute maak nie.

Die ontleding is tegnies korrek:

SA is in die greep van ʼn uitsonderlike koue winter – dit skep eskponensiële gesondheids-risiko’s inaggenome die Covid-19 virus.

Die primêre krisis is egter nie gesondheidsorg nie, maar naakte gierigheid en magsug.

R500-plus miljard is deur die regering vermors in 2020 – honderde miljarde waarmee hospitaal-opgraderings en nood-geriewe vir gesondheidsorg gebou SOU word.

Maar die regering het besluit om die geld uit te deel aan sy ondersteuners.

Dit is nou die deel wat daardie politici nie gesteel het nie.

Beleids-besluite is die tweede bydraer tot die krisis vandag.  Redelike voorsorg maatreëls om verspreiding in ons dag-tot-dag omgang te beperk, word nie konsekwent nie, maar gemeet aan politieke gerief lukraak toegepas.

Honderde miljoene waarmee meer klaskamers gebou kon word, is spesifiek in Sentraal-Transvaal geplunder deur Lesufi en kie. 

Dáárom bly openbare skole ʼn moontlike brandpunt.

Die regering wil afstand-perke instel en afdwing, wanneer dit polities gerieflik is.  Maar die openbare Vervoer-infrastruktuur staan verwoes, terwyl oorvol taxi’s toegelaat word om in bedryf te bly.

            Belangrikste:

Dit is so noodsaaklik, vir die ras-behepte ANC, dat alles “better and blacker” moet wees, dat daar bloot nie voldoende personeel in gesondheidsorg toegelaat word om na vrye keuse te werk nie!

Lees gerus Ramaphosa se toesprake van 2020; vergelyk dit met onlangse paai-uitlatings.

      Net die syfers verskil … dieselfde leë beloftes, dieselfde aangeplakte “sorg”.

       Deesdae is slegs die trane afwesig, in plek daarvan ʼn grynslag …

Maar ook politici uit ander partye staan skuldig.

Sedert Maart 2020 woed korrupsie voort, STEEDS sonder deeglike oorsig.

Daardie korrupsie was nie ʼn probleem van die Zuma-era nie;

agterstande is nie te wyte aan apartheid nie.

Agterstande was doelbewus geskep deur polities-gedrewe sabotasie oor dekades.

Dit was uitgebrei deur planmatige staats-plundering sedert 1994.

In 2021 gaan daar, tragies, weer grootskaalse nood woed.

Daar is geen oplossing vir die pandemie solank die grondoorsake – politieke magslus en diep gesetelde korrupsie – nie eerlik en sonder voorbehoud veroordeel EN VERWERP word nie.

Daarvoor bestaan daar egter geen politieke wil, of motivering nie.

Politici word miljoene per jaar betaal om anderkant toe te kyk …

Daar is geen sinvolle herstel tensy die fondasie VERVANG word nie.

Lewens gaan verwoes word, want die middele vir oplossings is gesteel –

die enigste veranderlike is watter sneller dit gaan wees – siekte, of armoede, of institusionele onderdrukking?