Boko Haram leier pleeg selfmoord

Die Islamitiese Staat van Wes Afrika provinsie, het ʼn verklaring uitgereik en sê die Boko Haram leier, ene Abubakar Shekau, het selfmoord gepleeg.

Die twee terroriste organisasies wat in ʼn alliansie vennootskap was, het etlike jare gelede besluit om uitmekaar te gaan

Alhoewel die berigte van die terroriste leier oral bekend geword het, het Boko Haram nog nie enige verklaring in die verband uitgereik nie.

Volgens die eerste berigte het Abubakar Shekau himself om die lewe gebring tydens ʼn hewige geveg met ander Islamitiese groep wat skakels het met die Islamitiese Staat.

Later is berig dat die leier plofstof aan sy liggaam vasgemaak het, wat hy geaktiveer het tydens die geveg.