Beurtkrag vir die week

Fase 2 beurtkrag in nou Suid-Afrika se voorland vir die hele week, en daar is geen rede om te dink dit is dan klaar nie.

Die swak vakmanskap by die Madupe kragsentrale wat kwalik 2 jaar werk, het gedurig breekskade wat aan een van twee aspekte toegeskryf kan word. Dit is waarskynlik die swak vakmanskap wat tydens oprigting gebruik is, of dit is onbevoegde mense wat die stasie se kapasiteit oorskat.

Daar is volgens waarnemers ook ʼn derde moontlikheid: Is dit ʼn moedswilligheid van sekere werkers wat veroorsaak dat daar gedurig herstelwerk en onderhoud gedoen moet word?

Kommer bestaan ook oor die Koeberg kragsentrale wat deesdae gereeld onklaar raak, en die vrees bestaan dat die werkers by die kragsentrale nie goed genoeg opgelei is om met die gesofistikeerde toerusting te werk nie.

Die feit dat minstens vier kragsentrales hierdie week “onklaar” geraak het, laat die wenkbroue lig. Dit is net te opvallend dat dit nie een of hoogstens twee stasies is wat onderhou moet kry nie, maar om vier gelyktydig te moet bedien, is te dik om te glo – daar is ʼn slang in die gras, ê voormalige werkers van Eskom.