Beurtkrag duur voort

Suid-Afrika sal die hele winter met beurtkrag opgeskeep sit, en die swak vakmanskap en bedenklike wyse van instandhouding is deel van die enorme probleem wat die land se ekonomie ruïneer.

Die beurtkrag wat tans ingestel is, sal minstens tot Vrydag voortgaan in Fase 2 vlak, en word selfs regdeur die nag ook ingestel vir gebiede soos waar dit van toepassing mag wees.

Die Eskom woordvoerder sê hy het beurtkrag ingestel nadat verdere breekskade by die Majuba en Arno kragstasies opgeduik het.

Die kragvoorsiener het glo uitermatige gebruik gemaak van reserwe opwekkers gedurende die afgelope paar dae terwyl gepoog word om die land se ligte te laat brand.

Werkers by die twee kragstasies reken die herstelwerk behoort Vrydag afgehandel te word, maar waarsku dat die moontlikheid bestaan dat ander kragstasies ook breek skade kan opdoen.