Betaling aan kapers terug gevorder

Die Amerikaanse Departement van Justisie sê dat hulle daarin geslaag het om die grootste deel van die Bitcoin betaling aan die kapers van die oliepyplyn kon herwin word.

Die kapers het die reuse olie en brandstof stelsel van die VSA so binne gedring dat hulle dit blokkeer het en byna ʼn ernstige brandstof krisis veroorsaak het.

Die aanval wat vermoedelik deur Russiese kapers uitgevoer is, het die spanning tussen Rusland en die VSA verder verhoog.

Ondersoekers na die aanval het gesê die herwinning van miljoene cripto betaling (met Bitcoin) kon verhaal word wat die ergste skade gekeer het.

Die adjunk Prokureur-Generaal van Amerika, Lisa Monaco, het bevestig dat sowat $2,3 miljoen herwin is.

Die reuse pyplyn vervoer brandstof oor ʼn afstand van nagenoeg 8,000 km van Texas tot in die binneland van die VSA.