Baie het onwettig hulp gekry

Die sosiale hulp pakkette wat aan mense toegedeel is in die afgelope jaar, het te veel gevalle gehad van mense wat daarvan misbruik gemaak het.

Dit wil nou lyk asof mense in diens van die poskantoor, en selfs mense wat in die tronk is, asook mense wat nie burgers van die land is nie, op onwettige wyse geld ontvang het.

Bewerings word gemaak dat miljoene Rand onwettig in mense se sakke beland het wat nie gekwalifiseer het daarvoor nie, maar die Minister van Sosiale Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sê hulle het gevind dat dit gebeur en toe die uitbetaling aan sulke mense gestaak.

Die minister sê dit het SASSA miljoene Rand bespaar, maar sommige bronne sê die betalings is te laat gestop en miljoene Rand is uitbetaal aan mense wat hoegenaamd nie kwalifiseer nie.

Dit blyk dat die bedrog met transaksies verlede jaar ontdek is, maar dat daar toe reeds verskeie uitbetalings gemaak is aan die bedrieërs.

Die minister het glo erken dat 1,768 werknemers van die SA Poskantoor van die SASSA geld ontvang het, maar meld nie of die bedrae terug gevorder is van die werkers nie.

Daar is ook sowat 4,726 ander gevalle van bedrog uitbetalings gevind wat buite die land was voor die grense gesluit is.