Atoom Raad waarsku Iran en Korea

Die Internasionale Atoom Raad se direkteur, Rafael Grossi, het gesê die

Pyongyang mag moontlik besig wees met ongemagtigde atoom navorsing en ontwikkeling, en waarsku ook vir Iran sy oortreding van die internasionale ooreenkoms.

Die Atoom Raad se werk om toesig te hou, word al moeiliker met potensiële oortreders en die verminderde ondersoekers in diens van die Atoom Raad.

In 2009 het Noord-Korea die ondersoekers van die Atoom Raad gedwing om die land te verlaat, en sal waarskynlik nie huiwer om dit weer te doen nie, het waarnemers gesê.

Die VN se waghond organisasie, Die Atoom Raad, met sy 35 raadslede uit verskillende lande, se taak is moeilik met politieke leiers wat nie huiwer om ondersoekers die land te verbied nie.

Noord-Korea het sedert 2017 voortgegaan met sy wapen ontwikkeling program en die internasionale ooreenkoms geignoreer.