Armoede en dienslewering in die Nuwe SA

Suid-Afrika se primêre leweraars van kritiese openbare dienste is besig om voor ons oë in duie te stort.

Eskom beurtkrag, dreigende water krisisse, korrupte stadsrade van dienstegeld steel, en nou verlede week se aankondiging dat Tshwane bankrot is, bring die omvang van die krisis opnuut tuis – direk en persoonlik.

Dit is nou benewens die ekonomiese verwoesting van getransformeerde hawens, spoorweë, paaie, kommunikasie infrastruktuur …

Eskom se raad en bestuur spandeer meer tyd aan binnegevegte en raskaart dispute, as aan onderhoud by kragstasies.

Heel verstaanbaar blameer die DA burgermeester die ANC, maar lei aan amnesia oor die feit dat die DA-EFF-VF+ koalisie sedert 2016 bloot die stad van die rand, tot oor die afgrond wanbestuur het.

En in die agtergrond sing die liberale koor van “agterstande”, “ongelykheid”, “armoede” en “benadeling”

Dit terwyl die president se antwoord is “black and better” …

En terwyl minderhede deur ʼn drakoniese belastinggaarder gekonfronteer word, mag die “black and better” slegs vrywillig belasting te betaal”, aldus Tito Mboweni …

Dit is daarom nodig dat almal een oomblik stilstaan, en ʼn tree of twee terugstaan.


ONTHOU !

Die regering se RET – Radikale Ekonomiese Transformasie – is bloot die nuutste gonswoord vir die sosialistiese welsynstaat wat die ANC belowe vir dekades.

Die land hét oor voldoende en werkende infrastruktuur in 1994 beskik.

Streke wat nie na wense van inwoners ontwikkel was nie, was inderdaad agtergeblewe – NA DEKADES VAN TERREUR EN SABOTASIE.

Ander dele was onder-ontwikkel weens knaende wanbetaling – omdat alles natuurlik “gratis” behoort te wees …

Sededien word die “nalatenskap van apartheid” blameer, word geldtekorte en armoede blameer.

Apartheid se nalatenskap was ʼn infrastruktuur so robust, dat dit reeds byna drie dekades se wanbestuur, oorgebruik en gebrek aan onderhoud oorleef.

          Maar veral die verwysing na sogenaamde “armoede” is die grootste leuen.

(lees “swart armoede”, “swart agtergeblewenheid” ensomeer)

In SA is daar geen sogenaamde “black have-not’s”, armoede of enige agterstand nie.    

In die eerste instansie, het hierdie groep GESTEM vir die leiers wat sedert 1994 diue land plunder – nie net een maal nie, MAAR ELKE VERKIESING sedert 1994.

 Die blote feite wat tans voor die Zondo-kommissie rugbaar gemaak was, bewys daar WAS GEEN ARMOEDE NIE.

Die middele is konsekwent gesteel vir die afgelope 27 jaar.

En daarvoor rus die skuld in eerste instansie op élke politikus:

Diegene wat gesteel het, diegene wat toegekyk het dat gesteel word.

In die tweede plek, dog ewe skuldig, is die kader-funksionarisse en dienste-maatskappy amptenare, naas hul politieke meesters.

En ofskoon derde in rangorde, is die kiesers wat armoede pleit, wat agterstande pleit, MAAR wat steeds weier om te betaal vir dienste, moreel die skuldigste.

Húlle is die meerderheid, en wiskundig is dit onmoontlik om hul onbesonne gebrek aan begrip of oordeelsvermoë by die stembus reg te stel.

            Hulle blinde inhaligheid en haat trek die hele land in die moeras in.

Maar daarmee is die ANC tevrede, daarmee is ander politieke partye óók tevrede.

Want daar is demokrasie, daar is gelykheid …

“Gelykheid” kan bereik word SONDER VERBETERING.

En dit kan bereik word deur belasting af te pers waarop die politieke elite soos konings kan lewe – met R 100 000 plus in vergoeding maandeliks …

            Dan durf die president verklaar LP’s “lewe swaar”, ervaar “finansiële druk” …

Die antwoord is te vind in ekonomiese vryheid.

Dit is te vind in geografies-sinvolle deelstate, vry van party-politiek.

Maar dit is veral te vind in waarde-begronde leierskap – leierskap in en uit plaaslike gemeenskappe.

So was SA na opgebou deur Patriot, Voortrekker, Boer en Afrikaner – solank hul koers gehou het op die kompas so raak beskryf deur president Kruger in 1904!