ANC vergadering ontaard in geweld

Die ANC se tak vergadering in Noord Transvaal het die afgelope naweek in ʼn klein oorlog ontaard toe minstens twee mense doodgeskiet  en talle beseer is.

Die voorval waartydens 16 mense ernstige beserings opgedoen het, was glo nie die wens van die ANC president, Cyril Ramaphosa wat ook teenwoordig was nie.

In ʼn verklaring sê die ANC hulle moes tot hulle skaamte verneem van die inligting dat 2 mense geskiet is en 16 wat ernstige beserings opgedoen het.

Die party sê daar is elemente teenwoordig gewees wat ander intimideer, en boonop so ver gegaan het as om mense dood te skiet en ander ernstig te beseer.

ʼn Polisie woordvoerder het later bevestig dat twee mense dood is en 16 beseer, terwyl aansienlike skade aangerig is aan die eiendom wat nou glo deur die polisie ondersoek sal word.