ANC al nader aan Malema

Die ANC regering beweeg al nader aan die Rooi brigade oor grondbesit, en die uitsprake van president Cyril Ramaphosa dui daarop dat die twee partye al nader aan mekaar beweeg.

Ramaphosa se herhaaldelike versekering dat die ANC ten gunste is van die titelaktes, is dit een deel van sy onvoorspelbare beleidsrigtings.

Hy het in die parlement gesê daar moet ook ruimte wees dat sekere grond in besit van die staat bly, en net daar word die verwarring al groter en die titelaktes vervaag.

Aan die een kant is daar die grond-gryp program wat met ʼn nul persent vergoeding geneem gaan word, en aan die ander kant is daar die uitspraak dat die staat sekere dele grond sal besit, maar watter deel dit is, en waarom dit nodig is dat die staat dit moet besit, is onduidelik.

Kenners wys daarop dat die bontpratery nie net ten doel het om grondbesitters te verwar nie, maar wek ook nuwe onsekerheid onder landbouers.

Dat Suid-Afrika uiteindelik die pad van Zimbabwe gaan loop met grond, word elke dag al n groter moontlikheid, en dit verklaar waarom daar boere is wat begin het om hulle ankers te lig.