Alkohol handel verlig oor inperkings

Die aankondiging van president Cyril Ramaphosa dat Suid-Afrika terugkeer na ʼn aangepaste fase 2 grendel tyd, sonder om alkohol verkope te verbied, word verwelkom.

Dit is nie net die wynbedryf wat verlig is nie, maar ook die kleinhandel drankwinkels is verlig dat daar nie weer beperkende maatreëls ingestel is nie.

Die wingerd boere sê dit is verblydend dat die uitvoer van wyn ongehinderd kan voortgaan, en alhoewel die Wes-Kaap tans erge stormweer ervaar, bly die landbouers positief oor die seisoen se moontlikhede.

Die kleinhandel het enorme verliese gely gedurende die afgelope jaar, en baie drankwinkels moes hulle deure permanent sluit. Slegs sowat 20% van diegene wat genoodsaak was om permanent te sluit, was in staat om weer van voor te begin met geleende fondse.

Restourant eienaars het ook hul waardering uitgespreek en gesê die ietwat vroeër sluiting saans weens die aandklok reëling is redelik aanvaarbaar, maar sug van verligting omdat daar geen verbod op verkope van alkoholiese drank is nie.