Albanië se president afgesit

President Ilir Meta van Albanië is daarvan beskuldig da thy die land se grondwet oortree het, en dat hy dit voor die afgelope verkiesing in April gedoen het,

Alhoewel die president van Albanië hoofsaaklik ʼn simboliese amp beklee, word sy afsetting as ʼn oorwinning vir die opposisie van die land beskou.

Bewerings is gemaak dat die president gedurig met die Eerste Minister, Edi Rama, se Sosialistiese regering gekoukus het.

Die parlement het Donderdag die president beskuldig gedurende n spesiale sitting en hom uit sy amp verwyder.

Die parlement het gesê hy het die grondwet oortree deur kant te kies in die verkiesing, iets wat nie toelaatbaar is vir die president nie.