Afrikaanse sangers

Dit is nie al die sangers wat hulle skuldig maak aan onaanvaarbare inhoud van hulle sang nie, maar te veel van hulle is skuldig, en dan is daar nog ʼn groot aantal wat nie sing nie, hylle skree en maak geraas.

Afrikaanse kunstenaars beweeg  met hul  liedere al hoe meer na rioolstatus.  Bykans elke liedjie het suggestiewe strekkings met die vroulike liggaam as tema.

Wat egter skokkend is,  is dat daar op een album ‘n snit kan wees waar die vrou se liggaam figuurlik “betas” word om op te volg met ‘n sogenaamde geestelike lied.  Is dit ‘n manier om ‘n balans tussen die vulgere en die geestelike te hou. ?   Speel die kunstenaar op die luisteraars se “godsdienstige” gevoel?

Wat jammer is, is dat ons jonger kinders die liedjies klakkeloos na sing sonder om te weet wat die lied se woorde werklik beteken.  So gaan ons volk se sedes, norme en waardes verlore.