Zuma moet betaal – waarmee?

Nkandla

Die voormalige president, Jacob Zuma, het toe sy spreekwoordelike rieme styfgeloop in die Grondwethof en nou is sy moontlike opsies uitgeput en is betaal die enigste uitweg.

Die hof het beslis dat Zuma die R10 miljoen moet betaal, en dit is oor die reuse bedrag wat hy moet betaal, dat die Grondwethof genader is.

Die ironiese van die saak is dat hy nou die hofkoste van die Grondwethof ook moet opdok, en daarmee behoort die oud president se grief finaal afgehandel te wees.

Maar ingeligte bronne reken dat die voormalige president net sal verklaar dat hy nie sulke geld het nie, en waar bring dit Suid-Afrika dan?

Ingeligte bronne sê die regspan van Zuma het onttrek uit die saak, en dit laat hom in die woestyn as hy die saak in Pietermaritzburg moet veg.

Zuma se saak voor die Grondwethof was so swak dat dit die regters slegs enkele minute geneem het om Zuma te laat verstaan dat hy die R10 miljoen moet betaal. Gaan Nkandla verkoop word, is gevra.