VSA verwerp Iran bewerings

 Die Verenigde State van Amerika het gesê verslae wat ontvang is waarin Iran beweer dat die twee lande gevangenes gaan uitruil, “is nie die waarheid nie”.

Die Tehran Staats media het berig dat ʼn ooreenkoms tussen die VSA en Iran bereik is en ook ʼn ooreenkoms met Brittanje bereik is vir uitruilings.

 Iran het ook berig dat sekere fondse wat weens sanksies gevries is, ook beskikbaar sal wees , maar die VSA het die bewerings ten sterkste ontken en verwerp.

Die VSA se woordvoerder, Ned Price, het die verslae as vals en onwaar bestempel en die Wit Huis sy hoof woordvoerder, Ron Klain, het in die Amerikaanse media bevestig dat daar “geen ooreenkoms van enige aard” met iran is nie.

Later het die verteenwoordiger van Iran in die Verenigde Nasies erken dat die gerugte en verslae nie korrek is nie en dat niks daarvan bevestig is nie.

Die bewering dat sekere fondse van Iran ook ontvries word, is nie waar nie, en die sowat $7 miljard word steeds gevries gehou tot ʼn werklike ooreenkoms bereik is, was gesê.