VSA stuur vliegtuie na Afghanistan

Die Amerikaanse Pentagon se voorsitter, Mark Milley sê die VSA stuur minstens 18 vliegtuie na Afghanistan om die troepe wat eersdaags uit die gebied onttrek word, te beskerm.

Die Departement van Verdediging in Amerika het meer B-52 bomwerpers na die oorlog geteisterde land gestuur om die troepe te beskerm wat nou deur vyandelike magte aangeval kan word.

Die VSA se president, Joe Biden, het aangekondig dat die vertrek van alle Amerikaanse soldate uit Afghanistan teen die 11 September afgehandel sal wees, en dat die Navo alliansie vennote ook begin met die onttrekking van hulle troepe.

Mark Milley het tydens ʼn perskonferensie gesê dat ses B-52 bomwerpers en 12 F-18 vegvliegtuie na Afghanistan gestuur word.

Die onttrekking van Navo en die VSA se troepemagte het groot kommer gebring onder politieke leiers wat vrees dat die Taliban wat nou beweer dat hy die “oorlog gewen het” ook kan toestaan op die demokratiese regering van die land en volle beheer neem van Afghanistan.