VSA: Honderde buffels moet gedood word

Die VSA se Nasionale Parke Diens is op soek na vrywilligers wat oor die nodige vaardigheid en ondervinding beskik, om die Parke by te staan om honderde buffels van kant te maak.

Die oorbevolking van buffels in die noorde van die deelstaat Arizona is sodanig dat honderde diere geskiet moet word om die oorbeweiding in die Arizona Grand Canyon Nasionale Park te voorkom.

Die vrywilligers moet egter ervare wees in die “jag van buffels” en mense kan aansoek doen deur middel van ʼn opgestelde webblad.

Die Park het in ʼn afsonderlike stuk daarop gewys dat die uitdun van buffels nodig is om die beperkte water en weiding in ag te neem aangesien die gebied reeds sit met ʼn oorbevolking van honderde buffels.