VSA: Brandstof krisis weens pyplyn kaping

Ernstige brandstof tekorte word in Amerika ondervind as gevolg van die kuberkrakers se aanval op die 8,800 km Colonial Pipeline Co.

Die kapers het 4 losprys geëis wat klaarblyklik nie betaal sal word nie, maar wat nou tot ʼn ernstige brandstof tekort lei by sowat 140,000 vulstasies, en wat volgens die Amerikaanse stelsel, ook die prys van petrol en diesel laat styg.

Die “DarkSide” groep wat verantwoordelik is vir die krisis is ʼn Russiese groep wat klaarblyklik teen die VSA gemik is omdat sanksies teen die Russe ingestel is.

Die enorme pyplyn vervoer byna 500 miljoen liter brandstof vir vulstasies en lughawens per dag, wat weens die kaping van die sagteware stelsel alles vertraag.

Die pyplyn se kapasiteit in die oostelike deel van die land het met 45% afgeneem, wat die tekorte by vulstasies veroorsaak en lang toue voertuie laat wag om bedien te word.

Colonial Pipeline Co se woordvoerder sê die tegniese span wat werk aan die herstel van die stelsel se netwerk, poog om teen die einde van die week die ergste probleme uit die weg te ruim.

Die vermoede bestaan dat Israel se aanval op Hamas in die Gaza streek verbind kan word met die kaping van die Amerikaanse Colonial Pipeline Co se stelsel.